Antigua en Barbuda

Antigua en Barbuda (Engels: Antigua and Barbuda, [ænˈtiːɡ(w)ə ... bɑːrˈb(j)uːdə], ; Spaans vir: "antiek" en "bebaard") is 'n eilandstaat in Noord-Amerika met 'n oppervlakte van 443 km² en 'n bevolking van 102 634 in 2024.[1] Die land bestaan uit drie eilande: Antigua, Barbuda en die onbewoonde Redonda wat tot die Klein-Antille behoort.

Antigua en Barbuda
Antigua and Barbuda (Engels)
Vlag van Antigua en Barbuda Wapen van Antigua en Barbuda
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Each Endeavouring, All Achieving
(Engels vir: "Elk strewe, Al bereik")
Volkslied: Fair Antigua, We Salute Thee
(Engels vir: "Gelukkige Antigua, Ons groet jou")

Koninklike volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")
Ligging van Antigua en Barbuda
Hoofstad St. John’s

17°7′N 61°51′W / 17.117°N 61.850°W / 17.117; -61.850

Grootste stad St. John’s
Amptelike tale Engels
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
Sir Rodney Williams
Gaston Browne
Onafhanklikheid
• Geassosieerde land
• van die Verenigde Koninkryk
• Huidige grondwet

27 Februarie 1967
1 November 1981
1 November 1981
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
443[1] km2  (200ste)
171 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
102 634[1] (194ste)
84 816
232 / km2
600 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$3,436 miljard[2] (196ste)
$32 736[2] (59ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$2,437 miljard[2] (193ste)
$23 216[2] (49ste)

MOI (2022) 0,826[3] (54ste)  –  hoog
Geldeenheid Dollar (XCD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD .ag
Skakelkode +1-268
Nasa-satellietbeeld van Antigua en Barbuda
Kaart van Antigua en Barbuda

Antigua en Barbuda is in die oostelike deel van die Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Dit is in die ooste van Saint-Martin en St. Kitts en Nevis en in die noorde van Guadeloupe en Montserrat geleë. Die hoofstad en grootste stad is St. John’s, wat op die hoofeiland Antigua geleë is.

Die eilande van Antigua en Barbuda is in 1493 deur Christophorus Columbus tydens sy tweede reis vir Europa ontdek en die groter eiland is deur hom ná Santa Maria de la Antigua genoem. Die Spanjaarde het dié eilande weens 'n gebreek aan vars water nie gekoloniseer nie, maar siektes uit Europa en Afrika, wanvoeding en slawerny het waarskynlik die inheemse bevolking uitgeroei. In 1632 het die Engelse op Antigua gevestig en in 1684 op Barbuda. Dié eilande is by die Britse Ryk ingelyf en slawe is ná dié eilande se suikerrietplantasies gebring. In 1833 is slawerny deur die Britte verbied. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie.

Op 1 November 1981 het Antigua en Barbuda van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Dit is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Charles III van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. Al drie eilande is laag bo seespieël en bestaan uit koraal en kalksteen. Die eilande is gesogte vakansieplekke en die ekonomie is veral op toerisme gebaseer.[1]

Sport

wysig

Krieket is Antigua en Barbuda se gewildste sportsoort en word as nasionale sport beskou.[4] Antigua en Barbuda is een van die eilandstate wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket met toetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan amper elke krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 gewen en slegs die 2023-toernooi misgeloop. Daarbenewens kon hulle die T20I-wêreldbekertoernooi twee keer (in 2012 en 2016), en beide die Kampioenetrofee (in 2004) en die o/19-krieketwêreldbeker (in 2016) eenkeer wen. Saam met Barbados, Grenada, Guyana, Jamaika, St. Kitts en Nevis, St. Lucia en Trinidad en Tobago het dié eilandstaat die Krieketwêreldbeker 2007 aangebied, wat deur Australië gewen is. Antigua en Barbuda het ook saam met Barbados, Guyana, St. Lucia, St. Vincent en die Grenadine, Trinidad en Tobago en die Verenigde State die T20I-wêreldbeker 2024 gehuisves, wat Indië kon beklink. Antigua en Barbuda lewer beroemde krieketspelers soos Viv Richards en Curtly Ambrose.[5]

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) "Antigua and Barbuda". Central Intelligence Agency. Besoek op 11 Februarie 2025.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Antigua and Barbuda". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2024. Besoek op 11 Februarie 2025.
  3. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 11 Februarie 2025.
  4. (en) "Antiguans and Barbudans". everyculture.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 19 Mei 2018. Cricket, a left-over from the British rule, is the national sport of Antigua and Barbuda.
  5. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Bronnelys

wysig
Algemeen

Eksterne skakels

wysig