Baynesberge
Die Baynesberge is 'n bergreeks in noordelike Namibië.

Beskrywing
wysigDie Baynesberge vorm 'n plato met eskarp in Kunene, 'n streek van noordwestelike Namibië, naby die Angolese grens (wat aldaar deur die Kunenerivier gevorm word). Die berge wissel in hoogte van 700 tot 2 000 meter.[1] Die bergreeks bestaan uit kwartsitiese sandsteen, en het styl kranse en klowe.[2] Die Baynesravyn word aangetref waar die Kunenerivier die Sebra- en Baynesberge verbysteek voor dit die Namibwoestyn binnevloei.[3] Jaarlikse reënval in die Baynesberge is omtrent 200 mm.[4]
Flora
wysigFlora van die Baynesberge sluit Abrus kaokoensis,[4] Baynesia lophophora[5] en Euphorbia ohiva[6] in.
Verwysings
wysig- ↑ Bollig, Michael (2010). Risk Management in a Hazardous Environment: A Comparative Study of two Pastoral Societies. Springer Science & Business Media. p. 87. ISBN 9780387275826.
- ↑ van Jaarsveld, Ernst (Desember 2005). "The Slangkloof expedition" (PDF). SANBI. Besoek op 5 Mei 2020.
- ↑ "Cunene River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 6 Mei 2020.
- ↑ 4,0 4,1 Swanepoel, W.; Kolberg, H. (Augustus 2011). "Abrus kaokoensis (Leguminosae-Papilionoideae-Abreae), a new species from Namibia". South African Journal of Botany. Elsevier B.V. 77 (3). doi:10.1016/j.sajb.2010.12.005. hdl:2263/58380.
- ↑ Loots, Sonja (2005). "Red Data Book of Namibian Plants" (PDF). SABONET. p. 16. Besoek op 5 Mei 2020.
- ↑ Swanepoel, W. (November 2008). "Euphorbia ohiva (Euphorbiaceae), a new species from Namibia and Angola". South African Journal of Botany. Elsevier B.V. 75 (2). doi:10.1016/j.sajb.2008.11.009. hdl:2263/8892.