Phylica oleifolia
plantspesie
(Aangestuur vanaf Blinkhardebos)
Die bukshardeblaar (Phylica oleifolia) is 'n meerjarige, blomdraende struik of boom wat deel is van die Rhamnaceae familie. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom vanaf die suidelike Namakwaland tot by Worcester voor en is deel van die fynbos en Sukkulente Karoo-biome.
Bukshardeblaar | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Rhamnaceae |
Genus: | Phylica |
Spesie: | P. oleifolia
|
Binomiale naam | |
Phylica oleifolia Vent., (1804)
| |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 453.3.[1]
Die plant het verskeie plaaslike name: blinkhardebos, dasbos, dassiebos, hardeblaar, hardebos, hardepeertjie, lepelbos en ysterbos.