Bronskiewiet

algemene en wydverspreide waadvoël in die grootste deel van Suid-Amerika

Die bronskiewiet (Vanellus chilensis), algemeen bekend as die quero-quero in Brasilië, tero in Argentinië en Uruguay, tero-tero in Paraguay en queltehue in Chili, is 'n waadvoël in die Charadriiformes, of Steltloperagtiges. Dit is 'n algemene en wydverspreide standvoël regdeur Suid-Amerika, met die uitsondering van digbeboste streke (soos onversteurde Amasonereënwoud), die hoërliggende dele van die Andes, en die dorre kusstrook aan die suidwestekant van Suid-Amerika. Die spesie is besonder algemeen in die opvangsgebied van die Río de la Plata. In onlangse jare het dit deur Sentraal-Amerika versprei. Dit het Trinidad in 1961 bereik, Tobago in 1974, en het op albei eilande vinnig in getalle toegeneem. Sporadies is dit ook noordwaarts opgemerk, soos in Barbados, waar een broeipaar in 2007 geslaag het om kuikens voort te bring. Dit is ook in Noord-Amerika opgemerk, met 'n waarneming van 'n voël in Texas, wat op die 17de April 2024 op die Birda.org-webwerf gerapporteer is.[3]

Bronskiewiet
Vanellus chilensis in Chili
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
Vanellus chilensis

(Molina, 1782)
Subspesies

3-4 (kyk teks)

      verspreiding
Sinonieme

Parra chilensis Molina, 1782
Belonopterus chilensis (Molina, 1782)
Vanellus grisescens Grant, 1912[2]
Dorypaltus prosphatus Brodkorb, 1959

Galery

wysig


Verwysings

wysig
  1. BirdLife International (2020). "Vanellus chilensis". IUCN Red List of Threatened Species. 2020: e.T22694075A163620949. doi:10.2305/IUCN.UK.2020-3.RLTS.T22694075A163620949.en. Besoek op 12 November 2021.
  2. Mlíkovský, Jiří (26 Augustus 2011). "Nomenclatural and taxonomic status of bird taxa (Aves) described by an ornithological swindler, Josef Prokop Pražák (1870–1904)". Zootaxa. 3005 (3005): 45–68. doi:10.11646/zootaxa.3005.1.2.
  3. Terrilyn Alaniz (17 April 2024). "Sighting". Birda. Besoek op 18 April 2024.

Eksterne skakels

wysig