Burgersfort
Burgersfort is 'n dorp in die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Die dorp lê sowat 60 km noord van Lydenburg, en 26 km van Ohrigstad af in die vallei van die Spekboomrivier naby die sameloop met die Steelpoortrivier.
Burgersfort | |
---|---|
![]() 'n Uitsig oor Burgersfort | |
Koördinate: 24°40′S 30°19′O / 24.667°S 30.317°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Sekhukhune |
Munisipaliteit | Fetakgomo Tubatse |
Oppervlak | |
• Totaal | 28,10 km2 (10,85 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 6 369 |
• Digtheid | 227/km2 (590/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 25.8% |
• Indiërs/Asiërs | 4.8% |
• Bruin mense | 3.2% |
• Swart mense | 65.6% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Noord-Sotho | 31.3% |
• Afrikaans | 27.9% |
• Engels | 16.8% |
• Zoeloe | 3.8% |
• Ander | 20.1% |
Poskode (strate) | 1150 |
Poskode (posbusse) | 1150 |
Skakelkode | 013 |
Oorsprong van dorpsnaam
wysigDie dorp het sy naam gekry van die seskantige Fort Burgers wat in 1876–77 gebou is tydens die tweede oorlog van Transvaal met die Bapedi. Die fort is vernoem na President Thomas François Burgers.
Mineraal- en landbouproduksie
wysigGroot neerslae van ystererts, asbes, andalusiet en vanadium is in die distrik bevestig, en word tans ontgin. Die belangrikste gewasse is lusern, tabak, koring en sitrus.
Sien ook
wysig- De Hoopdam, dam naby die dorp.
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
wysig- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Burgersfort". Sensus 2011.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Burgersfort.