Fotodiode
'n Fotodiode is 'n diode wat opsetlik aan lig blootgestel word. Gewoonlik is die diode van twee lagies halfgeleier vervaardig waarvan een n-tipe en die ander p-tipe is. As die diode net as 'n elektroniese komponent gebruik word, word dit gewoonlik van lig afgeskerm, omdat lig die diode se werking versteur.

Aanwending
wysigDaar is twee belangrike toepassings:
- Dit kan gebruik word om lig te meet (fotometrie) of as beeldsensor.
- Dit kan gebruik word om fotovoltaïese energie op te wek (sonsel).
Die omgekeerde werking kan ook toegepas word: indien elektrisiteit aan die diode gelewer word, kan lig opgewek word. Dit word 'n liguitstralende diode (LED) genoem. 'n Spesiale geval is die laserdiode, wat laserlig uitstraal.