Gamal Abdel Nasser

Gamal Abdel Nasser Hussein (15 Januarie 1918 – 28 September 1970) was van 1956 tot sy dood die tweede president van Egipte. Hy het (saam met Egipte se eerste president, Mohammed Naguib) die Egiptiese Rewolusie van 1952 gelei. Dié rewolusie het die monargieë van Egipte en Soedan omvergewerp en 'n nuwe era van verandering in Egipte ingelei. Dit het Egipte 'n meer sosialistiese en moderne land gemaak. Na die rewolusie het Egipte pan-Arabiese nasionalisme deur sy beleid bevorder, insluitende 'n unie met Sirië, wat nie lank gehou het nie.

Gamal Abdel Nasser
جمال عبد الناصر
Gamal Abdel Nasser
Nasser in 1969

2de President van Egipte
Ampstermyn
23 Junie 1956 – 28 September 1970
Voorafgegaan deur Muhammad Naguib
Opgevolg deur Anwar Sadat

Eerste minister van Egipte
Ampstermyn
19 Junie 1967 – 28 September 1970
President Homself
Voorafgegaan deur Muhammad Sedki Sulayman
Opgevolg deur Mahmoud Fawzi
Ampstermyn
18 April 1954 – 29 September 1962
President Muhammad Naguib
Homself
Voorafgegaan deur Muhammad Naguib
Opgevolg deur Ali Sabri
Ampstermyn
25 Februarie 1954 – 8 Maart 1954
President Muhammad Naguib
Voorafgegaan deur Muhammad Naguib
Opgevolg deur Muhammad Naguib

Adjunk-eerste minister van Egipte
Ampstermyn
8 Maart 1954 – 18 April 1954
Eerste minister Muhammad Naguib
Voorafgegaan deur Gamal Salem
Opgevolg deur Gamal Salem
Ampstermyn
18 Junie 1953 – 25 Februarie 1954
Eerste minister Muhammad Naguib
Voorafgegaan deur Sulayman Hafez
Opgevolg deur Gamal Salem

Minister van Binnelandse Sake
Ampstermyn
18 Junie 1953 – 25 Februarie 1954
Eerste minister Muhammad Naguib
Voorafgegaan deur Sulayman Hafez
Opgevolg deur Zakaria Mohieddin

Voorsitter van die Rewolusionêre Bevelsraad
Ampstermyn
14 November 1954 – 23 Junie 1956
Voorafgegaan deur Muhammad Naguib
Opgevolg deur Amp afgeskaf

2de Sekretaris-generaal van die Beweging van Onverbonde Lande
Ampstermyn
5 Oktober 1964 – 8 September 1970
Voorafgegaan deur Josip Broz Tito
Opgevolg deur Kenneth Kaunda

Ampstermyn
17 Julie 1964 – 21 Oktober 1965
Voorafgegaan deur Haile Selassie
Opgevolg deur Kwame Nkrumah

Persoonlike besonderhede
Gebore 15 Januarie 1918
Alexandrië, Egipte
Sterf 28 September 1970 (op 52)
Kaïro, Verenigde Arabiese Republiek
Politieke party Arabiese Sosialistiese Unie
Eggenoot/-note Tahia Kazem
Kind(ers) Hoda, Mona, Khalid, Abdel Hamid, Abdel Hakim
Alma mater Marshall-universiteit, Amerikaanse Universiteit
Religie Soenniete Islam
Handtekening

Militêre Diens
Lojaliteit Egipte
Diens/Tak Egiptiese Weermag
Jare in diens 1938–1952
Rang Kolonel
Oorloë/Veldslae Arabies-Israeliese Oorlog van 1948

Nasser word as een van die belangrikste politieke figure in die moderne Arabiese geskiedenis en politiek beskou. Onder sy leierskap het Egipte die Suezkanaal en verskeie ander industrieë genasionaliseer, en 'n belangrike rol gespeel om imperialisme in die Arabiese wêreld en in Afrika stop te sit. Hy het ook 'n belangrike rol in die stigting van die Beweging van Onverbonde Lande gespeel. Sy pan-Arabiese nasionalisme, wat dikwels "Nasserisme" genoem is, was in die 1950's en 1960's gewild gewees in die Arabiese wêreld.

Sesdaagse Oorlog

wysig
 
President Nasser het op 22 Mei 1967 sy vlieëniers op die Sinai toegespreek en gesê: "Die Jode dreig met oorlog – ons sê vir hulle ahlan wa-sahlan (welkom)!"

Die Israeliese oorwinning oor die Arabiese weermagte in die Sesdaagse Oorlog, tussen 5 en 10 Junie 1967, het Nasser se beeld beskadig. Desnieteenstaande hiervan het baie Arabiere hom steeds as 'n simbool van Arabiese waardigheid en vryheid beskou.

In Mei het president Nasser aangekondig die Straat van Tiran vir Israeliese skepe gesluit gaan word en hy het Egiptiese magte aan die grens met Israel gemoboliseer. Op 5 Junie het Israel ’n reeks lugaanvalle op Egiptiese vliegvelde uitgevoer. Die Egiptenare is onkant betrap en feitlik die hele Egiptiese Lugmag is vernietig, terwyl Israel net ’n paar verliese gely het. Die land het terselfdertyd ’n grondaanval op die Gazastrook en die Sinaiskiereiland van stapel gestuur, wat die Egiptenare ook onkant betrap het. Ná aanvanklike teenstand het Nasser gelas dat die Sinai ontruim word. Israeliese magte het weswaarts agter die Egiptenare aangestorm. Die Israeli's het hulle groot verliese toegedien en die Sinai verower.

Jordanië het ’n week voor die oorlog ’n verdedigingsverdrag met Egipte gesluit; die ooreenkoms het voorsiening daarvoor gemaak dat Jordanië in geval van oorlog nie ’n aanvallende rol sou speel nie, maar sou probeer om Israeliese magte te keer om grondgebied te verower.

Sowat ’n uur ná die Israeliese lugaanval het Kaïro die bevelvoerder van die Jordaniese weermag opdrag gegee om Israel te begin aanval; in die aanvanklik verwarrende situasie is aan die Jordaniërs gesê Egipte het die Israeliese lugaanvalle afgeweer.

Egipte en Jordanië het op 8 Junie op ’n wapenstilstand besluit en Sirië op 9 Junie. ’n Ooreenkoms is op 11 Junie met Israel onderteken. Israel het die Egiptiese, Siriese en Jordaniese weermagte verlam – hulle het meer as 20 000 soldate gedood en self minder as 1 000 verloor. Die Israeliese sukses was die gevolg van ’n goed voorbereide en uitgevoerde strategie, die swak leierskap van die Arabiese state en slegte militêre leierskap en strategie. Israel het die Gazastrook en Sanaiskiereiland van Egipte afgeneem, die Wesoewer insluitende Oos-Jerusalem van Jordanië en die Golanhoogland van Sirië. Israel se internasionale aansien het in die daaropvolgende jare baie gestyg. Sy oorwinning was ’n vernedering vir Egipte, Jordanië en Sirië, en het daartoe gelei dat Nasser verleë bedank het; hy is later in sy amp herstel ná protesoptogte in Egipte oor sy bedanking.

Bronne

wysig
  • Abdelmalek, Anwar (1968), Egypt: Military Society, New York City: Random House, OCLC 314333504 
  • Aburish, Said K. (2004), Nasser, the Last Arab, New York City: St. Martin's Press, ISBN 978-0-312-28683-5, https://archive.org/details/isbn_9780312286835 
  • Adi, Hakim; Sherwood, Marika (2003), Pan-African History: Political Figures from Africa and the Diaspora since 1787, New York City: Routledge, ISBN 0-415-17352-3 
  • Alexander, Anne (2005), Nasser Life and Times (illustrated ed.), London: Haus Publishing, ISBN 978-1-904341-83-3 
  • Akram-Lodhi, Haroon; Borras, Saturnino M.; Kay, Cristóbal (2007), Land, Poverty and Livelihoods in an Era of Globalization: Perspectives from Developing and Transition Countries, New York City: Routledge, ISBN 978-0-415-41449-4 
  • Ansari, Hamied (1986), Egypt: The Stalled Society, Albany: State University of New York Press, ISBN 978-0-7914-9499-8 
  • Asterjian, Henry D. (2007), The Struggle for Kirkuk: The Rise of Hussein, Oil, and the Death of Tolerance in Iraq, Westport: Greenwood Publishing Group, ISBN 0-275-99589-5 
  • Atiyeh, George Nicholas; Oweis, Ibrahim M. (1988), Arab Civilization: Challenges and Responses, New York City: State University of New York Press, ISBN 978-0-7914-9541-4 
  • Beinin, Joel (2005), The Dispersion of Egyptian Jewry: Culture, Politics, and the Formation of a Modern Diaspora, Cairo: American University in Cairo Press, ISBN 977-424-890-2 

Eksterne skakels

wysig