Heidi Pitout
Heidi Pitout, gebore op 14 Februarie 1994 in Zastron, Vrystaat, is 'n Afrikaanse sangeres. Sy het aan Hoërskool Staatspresident Swart in Brandfort gematrikuleer.
Loopbaan
wysigIn 2016 het Pitout na Pretoria verhuis om haar sangloopbaan te bevorder. Maroela Musiek het haar 'n platekontrak aangebied en sy het vir 'n paar maande saam met die sanger Dirk van der Westhuizen getoer. Hulle het in 2017 saam 'n enkelsnit vrygestel, Wie bestuur nou my hart?. Sy het ook begin werk aan haar debuutalbum, Wat 'n hart laat lag, wat ook in 2017 vrygestel is. In 2018 het sy haar volgende enkelsnit, Tussen die lyne, vrygestel.
In 2019 het Heidi 'n enkelsnit by Johan Oberholzer gekoop en daaraan begin werk om die liedjie uniek aan haar eie styl te maak. In 2020 is die enkelsnit, 'n Hele week, tesame met 'n musiekvideo vrygestel.
Enkelsnitte
wysig- Wie bestuur nou my hart? – saam met Dirk van der Westhuizen (2017)
- Wondergom (2017)
- Tussen die lyne (2018)
- 'n Hele week (2020)
Albums
wysig- Wat 'n hart laat lag (2017)
Toekennings
wysig- Ghoema-nominasie: Beste Popalbum deur 'n vroulike kunstenaar (2018)
- Ghoema-nominasie: Publiek se gunsteling vroulike kunstenaar (2018)