Lutheranisme
(Aangestuur vanaf Lutherse)
Evangelies-Lutherse Kerke is Christelike kerke wat hul leer op die Bybel van die Ou en Nuwe Testament, bepaalde leerstellings van die Ou Kerk en die belydenisskrifte van die Evangelies-Lutherse Kerk fundeer wat gedurende die Wittenbergse Reformasie deur Martin Luther en ander Lutherse teoloë, soos byvoorbeeld Philipp Melanchthon, opgestel is.
![](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/a/ab/Lutherrose.svg/220px-Lutherrose.svg.png)
Tans is daar drie hoofstromings van Lutheranisme wat in wêreldwye organisasies verenig is:
- die Lutherse Wêreldbond wat in 1947 gestig is en 70 miljoen lidmate in 147 lidkerke het, waaronder die Duitse Evangelies-Lutherse Landskerke en die Evangelical Lutheran Church in America;
- die Internasionale Lutherse Raad met 5 miljoen lidmate in 30 lidkerke, waaronder die Selfstandige Evangelies-Lutherse Kerk en die Lutheran Church – Missouri Synod; en
- die Konfessionele Evangeliese Lutherse Konferensie met sowat 500 000 lidmate in 20 lidkerke, waaronder die Evangelies-Lutherse Vryekerk en die Evangelies-Lutherse Wisconsin-sinode.