M1 (Johannesburg)
Die M1, amptelik bekend as die De Villiers Graaff-motorweg is 'n metropolitaanse motorweg en belangrike snelweg deur die kern van die megastad Johannesburg. Die snelweg verbind die suidelike gebiede (insluitend Booysens, Eldorado Park en Soweto) met die middestad en gaan ook verder noord deur Sandton en verbind verder met die Ben Schoeman-hoofweg.
Metropolitaanse roete M1 | |
---|---|
Roete-inligting | |
Onderhou deur Johannesburgse Padagentskap en Gautengse Departement van Paaie en Vervoer | |
Lengte | 18,5 mi (29,6 km) |
Bestaan | 1967 – tans |
Belangrike aansluitings | |
Noordpunt | ![]() ![]() |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Carrstraat (slegs M1 Suid) ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() | |
Suidpunt | ![]() |
Snelwegstelsel | |
Genommerde roetes in Suid-Afrika |

Konstruksie
wysigKonstruksie aan die M1-hoofweg het in 1962 begin en het tot gevolg gehad dat verskeie eiendomme en huise in die historiese Parktown gesloop moes word. Die konstruksie is erg bemoeilik weens die steil Witwatersrand waaroor die 6-laanroete gebou moes word. Verkeer is via Oxfordweg na Sandton herlei terwyl die snelweg deur 'n nek tussen Parktown en Braamfontein in die omgewing van die Universiteit van die Witwatersrand voltooi is.
Gautrein
wysigByna 50 jaar later is weereens konstruksieprobleme ondervind toe die laaste deel van die Gautrein, tussen Rosebank en Parkstasie, onderdeur dieselde bergrif gebou is. Hierdie keer was dit die deursyfering van groot hoeveelhede onwelkome water wat tydens die horisontale tonnelboordery siviele ingenieurs laat kopkrap het, en gedreig het om die projek te verongeluk.[1] Uiteindelik is deurgedruk en sukses is behaal met die finale indiensstelling van die ondergrondse spoorlyn op 7 Junie 2012.[2]
Verwysings
wysig- ↑ Gautrein se Parkstasie-roete vandag oop Geargiveer 10 Junie 2012 op Wayback Machine, Beeld, 6 Junie 2012.
- ↑ Gautrein ry gou tussen Pta, Jhb, Beeld, 29 Julie 2011.
Grootste snelweë in en om Johannesburg | |||
---|---|---|---|
Johannesburg-sirkelpad • N1 (Westelike Verbypad) • N3 (Oostelike Verbypad) • N12 (Suidelike Verbypad) • N17 • R21 • R24 • R59 • M1 • M2 |