Martinsyde F.4 Buzzard
Die Martinsyde F.4 Buzzard is 'n dubbeldekker Britse vegvliegtuig wat laat in die Eerste Wêreldoorlog in diens gestel is. Dit was die hoogtepunt van die Martinsyde F-reeks-vliegtuigontwikkeling. Die vliegtuig het sy nooiensvlug in Mei 1918 onderneem. Die F.4 was ontwikkel uit die Martinsyde F.3, 'n prototipe wat volledig getoets was en selfs ontplooi is vir moederland verdediging deur die Royal Flying Corps, voorloper van die Britse Lugmag. Nadat die F.4 getoets was deur die Britse Lugmag, was vliegtuig se hantering en vermoë so hoog geag dat 'n groot bestelling onmiddellik geplaas was vir 1450 eenhede. Die enjins se aflewering was egter vertraag en slegs 'n paar van die F.4 is afgelewer toe die oorlog tot 'n einde gekom het. Die res van die bestelling was gekanselleer. Op daardie stadium het Martinsyde 370 eenhede voltooi maar as gevolg van die vliegtuig se vermoë is hulle verkoop aan Spanje, Ierland, Japan, Letland, Sowjetunie, Portugal en Finland. In laasgenoemde is die vliegtuig vir opleiding gebruik tot in 1939.
Martinsyde F.4 Buzzard | |
---|---|
Tipe | Dubbeldekker vegvliegtuig |
Vervaardiger | Martinsyde |
Nooiensvlug | Mei 1918 |
Hoofgebruiker | Britse Lugmag |
Aantal gebou | 370+ |
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Hispano-Suiza V-8 suiermotor |
Kraglewering per motor | 300 perdekrag |
Vlerkspan | 9,99 m |
Lengte | 7,77 m |
Hoogte | 3,15 m |
Vlerkoppervlakte | 29,73 m2 |
Maks. opstygmassa | 1 038 kg |
Maks. snelheid | 233 km/h |
Operasionele hoogte | 7 620 m |
Togafstand | 2 uur, 30 minute |
Klimvermoë | 3 050 m in 7 minute en 54 sekondes |
Bewapening | Twee 7,7 mm gesinchroniseerde masjiengewere |
Sien ook
wysigBron
wysig- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9