Msasa

plantspesie

Die msasa (Brachystegia spiciformis) is 'n groot boom wat hoort tot die Fabaceae familie. Dit kom plaaslik in die oostelike Soutpansberg voor, en is inheems vanaf die suide van Mosambiek tot in die oorgrote deel van Zimbabwe. Kenmerkend van die boom is dat die blare in die lente baie kleurryk vertoon.

Msasa
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Fabales
Familie: Fabaceae
Genus: Brachystegia
Spesie:
B. spiciformis
Binomiale naam
Brachystegia spiciformis
Benth., (1865)
Sinonieme

Sien teks

Verspreiding

wysig

Die msasa is 'n tropiese boom en groei die beste in oop bosveld waar daar 'n skerp onderskeid tussen die nat en droë seisoene is. Die noordelike punt van sy gebied is naby Tabora in Tanzanië (sowat 5° S) en sy mees suidelike omvang is naby Quissico aan die kus van Mosambiek net buite die trope (sowat 25° S).

Msasas benodig 'n minimum van sowat 500 mm reën, hoewel die hoeveelheid reën in die somergroeiseisoen belangriker is as die totale jaarlikse reënval. Dit benodig 'n gemiddelde jaarlikse temperatuur van ongeveer 19 tot 20 °C. Dit floreer nie onder 'n kombinasie van koue en nat toestande nie, en soos baie tropiese plante benodig dit 'n warm droë tydperk voor die aanvang van die groeiseisoen.

Voorkoms

wysig

Die boom bereik tipies 'n hoogte van ongeveer 16 meter, hoewel dit minder hoog is in meer droogtegevoelige gebiede. In sentraal-Zambië en oostelike Angola is manjifieke eksemplare van ongeveer 18–19 meter algemeen as gevolg van die betroubaarheid van swaar reën gedurende die groeiseisoen. Dit bevoordeel binnelandse situasies op 'n hoogte van ongeveer 1000–1400 meter (as gevolg van die skerp verskil tussen dag- en nagtemperature), hoewel dit tot by seevlak aan sy suidelike punt groei.

Die boom ondergaan 'n reeks veranderinge volgens die seisoene. Dit begin sy blare verloor soos die koel seisoen aan die einde van Mei aanbreek (ietwat traag), en vroeg in Augustus is dit kaal of byna kaal. Aan die einde van Augustus, soos temperature weer styg, word die nuwe blare geproduseer. Hulle is dikwels helderrooi van kleur, maar wissel van byna pers tot bruinerig in verskillende individue. Die kleur verskuif na diepgroen oor 'n tydperk van 10–20 dae. Die onbeduidende blomme verskyn ná die nuwe blare en dit word in April gevolg deur die losstaande peule (sowat 12–15 cm lank). Soos met baie peulgewasspesies split die peule plofbaar en die plat sade (sowat 2 cm deursnee) word 'n entjie van die ouerboom af geslinger.

Sinonieme

wysig

Die spesie het twintig sinonieme:

  • Brachystegia bragaei Harms
  • Brachystegia edulis Hutch. & Burtt Davy
  • Brachystegia euryphylla Harms
  • Brachystegia hockii De Wild.
  • Brachystegia hockii var. papyracea De Wild.
  • Brachystegia hockii var. pilosopedicellata De Wild.
  • Brachystegia itoliensis Taub.
  • Brachystegia mpalensis Micheli
  • Brachystegia mpalensis var. latifoliolata De Wild.
  • Brachystegia oliveri Taub.
  • Brachystegia randii Baker f.
  • Brachystegia spiciformis var. glandiflora Benth.
  • Brachystegia spiciformis var. kwangensis Hoyle
  • Brachystegia spiciformis var. latifoliolata (De Wild.) Hoyle
  • Brachystegia spiciformis var. mpalensis (Micheli) Hoyle
  • Brachystegia spiciformis var. parviflora Benth.
  • Brachystegia spiciformis var. schmitzii Hoyle
  • Brachystegia taubertiana Hutch. & Burtt Davy
  • Brachystegia trijuga R.E.Fr.
  • Brachystegia venosa Hutch. & Burtt Davy

Bronne

wysig

Sien ook

wysig

Eksterne skakels

wysig