Platysteiridae
Platysteiridae is 'n familie van sangvoëls. Hulle is bosvoëls wat veral in Afrika suid van die Sahara voorkom. Hulle is meestal klein tot middelgroot, het kort pootjies en sit met 'n parmantige regop houding op takkies. Meeste van die spesies wat aan die familie behoort word om die ewenaar aangetref; waarvan byna die helfte in Tanzanië voorkom.
Platysteiridae | |
---|---|
![]() | |
'n Beloogbosbontrokkie | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Passeriformes |
Superfamilie: | Corvoidea |
Familie: | Platysteiridae Sundevall, 1872 |
Genera | |
Genera
wysig- Batis Boie, F, 1833
- Bias Lesson, 1831
- Lanioturdus Waterhouse, 1838
- Platysteira Jardine & Selby, 1830