Portrush
Portrush (afgelei van Iers-Gaelies Port Rois, "hawe by die landpunt") is 'n stranddorp in die Noord-Ierse graafskap Antrim, digby die grens met die graafskap Londonderry en nie ver van Portstewart nie, 'n ander bekende see-oord, met 'n bevolking van 6 454 volgens die sensus van 2011.
Portrush Port Rois (Iers-Gaelies) | |
---|---|
Dorp | |
![]() Uitsig oor Portrush | |
Koördinate: 55°11′57″N 6°39′15″W / 55.19917°N 6.65417°W | |
Land | ![]() |
Land (VK) | Noord-Ierland |
County | Antrim |
Bevolking | |
• Totaal | 6 454 |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | BT56 |
Skakelkodes | 028, +44 28 |
Webwerf | portrush.org.uk |
![](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/a/a7/Whiterocks_-_geograph.org.uk_-_1702891.jpg/220px-Whiterocks_-_geograph.org.uk_-_1702891.jpg)
![](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/9/96/The_White_Rocks%2C_Portrush_-_geograph.org.uk_-_386479.jpg/220px-The_White_Rocks%2C_Portrush_-_geograph.org.uk_-_386479.jpg)
Die grootste deel van Portrush se historiese dorpskern, insluitende die spoorwegstasie asook die meeste hotelle, restaurante en kroeë, is op die Ramore Head-landpunt geleë, 'n skiereiland wat oor 'n afstand van een myl in noord-noordoostelike rigting in die Atlantiese Oseaan uitsteek. Buite die toeristeseisoen dien Portrush hoofsaaklik as slaapstad vir die nabygeleë Coleraine-kampus van die Universiteit van Ulster.
Portrush staan veral bekend vir sy drie uitgestrekte sandstrande - West Strand, East Strand en White Rocks, asook die Koninklike Portrush-gholfklub (Royal Portrush Golf Club), die enigste Britse gholfklub buite die hoofeiland Groot-Brittanje wat as gasheer vir die Ope Kampioenskap opgetree het.