Pous Bonifatius V
Bonifatius V was die 69ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Bonifatius V | |
---|---|
![]() | |
Pontifikaat begin | 23 Desember 619 |
Pontifikaat eindig | 25 Oktober 625 |
Voorganger | Deusdedit |
Opvolger | Honorius I |
Gebore | Napels, Italië |
Sterf | 25 Oktober 625 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Bonifatius |
Biografie
wysigPous Bonifatius V is gebore in Napels. Op 23 Desember 619 volg hy Pous Deusdedit op en regeer tot sy dood op 25 Oktober 625. Hy word opgevolg deur Pous Honorius I. Die naam ‘Bonifatius’ beteken 'weldoener'.
Pontifikaat
wysigPous Bonifatius V het 'n dekreet uitgevaardig dat kerke toevlugsoorde ("sanctuaries") vir misdadigers moes wees. Hy gee kerklike verteenwoordigers die opdrag keiserlike wette insake testamente te respekteer. Hy skryf voor dat akoliete nie die relieke van martelare mag oordra nie en dat hulle ook nie die plek van diakens mag inneem by die doop nie. Bonifatius het die begraafplaas van Sint Nicodemus op die Via Nometane laat klaar maak en wy dit ook in.
Eerwaarde Bede maak melding van die pous se diepgaande belangstelling vir die Engelse kerk. Hy het Kantelberg tot aartsbisdom verhef. Die briewe wat hy glo aan aartsbiskop Mellitus van Kantelberg en aan biskop Justus van Rochester geskryf het, het nie bewaar gebly nie. In 'n brief aan Justus, toe hy in 624 vir Mellitus opvolg, dra hy die biskoplike pallium formeel aan hom oor en gee hom opdrag om biskoppe te wy waar nodig.
Volgens Bede skryf Bonifatius ook 'n brief aan koning Edwin van Northumbriëë, waarin hy die koning aanspoor om hom tot die Christendom te bekeer. Sy vrou Ethelberga van Kent wat reeds Christen was, word daarin aangespoor om hom te oorreed.
Bibliografie
wysig- Bede. Historia ecclesiastica gentis Anglorum
- Gasquet, Francis Aidan. A Short History of the Catholic Church in England, 19
- Gregorovius, Ferdinand. II, 113
- Hunt, William. The English Church from Its Foundation to the Norman Conquest. Vol. 1. "A History of the English Church", W. R. W. Stephens and William Hunt, ed. London: Macmillan and Co., 1912. 49, 56, 58
- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
- Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. ISBN 0300091656
- Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. ISBN 0500017980.
Eksterne skakels
wysig- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
Nota
wysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Opvolging
wysigVoorafgegaan deur Deusdedit |
Pous (Pontifex Maximus) 619 – 625 |
Opgevolg deur Honorius I |