Radius
die afstand van 'n willekeurige punt op die rand van 'n ronde objekt tot sy middelpunt
In meetkunde is die radius of straal r van 'n sirkel, bol of silinder die afstand van 'n willekeurige punt op die rand van die sirkel (of bol, of silinder) tot sy middelpunt.
![](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/2/25/Straal-cirkel.svg/220px-Straal-cirkel.svg.png)
Die radius is die helfte van die diameter. Die omtrek van 'n sirkel kan met slegs die radius bepaal word:
waar die wiskundige konstante pi is.