Rob Hersov

Suid-Afrikaanse bestuurder en entrepreneur

Robert Basil Hersov (gebore 9 Oktober 1960 in Johannesburg, Suid-Afrika) is 'n sakebestuurder en entrepreneur.[1]

Sy oupa, Bob Hersov, was die stigter van Anglovaal, een van Suider-Afrika se grootste mynbou- en nywerheidsmaatskappye.[1] Sy vader Basil Hersov het die maatskappy van 1973 tot 2001 bestuur.[1] Die familie het AngloVaal in die 1990's verkoop.[2]

Rob dien as voorsitter en HUB (en stigter) van Invest Africa, voorsitter en vennoot (en stigter) van African Capital Investments, en voorsitter van die VistaJet-adviesraad.[3]

Lewensloop

wysig

Sy ouers is Basil Edward Hersov en Antoinette. Hersov het gematrikuleer aan Michaelhouse College, 'n spogskool in die hoë KwaZulu-Natal Middeland. In 1982 studeer hy aan die Universiteit van Kaapstad en behaal 'n B.Bus.Sci-graad.[3] In 1989 het hy sy MBA van Harvard Business School verwerf.[3]

Hy het sy loopbaan by Goldman Sachs in New York begin en toe hoof geword van die Europese mediabeleggingsbankspan by Morgan Stanley in Londen. Van 1989 tot 1991 was hy sake-ontwikkelingsbestuurder by News Corporation in New York vir voorsitter Rupert Murdoch. Hierna word hy ’n raadslid van die luuksegoederemaatskappy Richemont SA, en het ook FilmNet bestuur.

Hy het daarna uitvoerende hoof geword van Telepiu Srl in Milaan, Italië se grootste betaal-TV-maatskappy, wat aan die Mediaset-mediagroep behoort, waar hy ook 'n lid van die direksie was, tot Augustus 1997.

In 1999 het hy sy eie besigheid as 'n belegger en entrepreneur begin: in September 1999 was hy medestigter van Antfactory; in November 1999 het hy gehelp om Peoplenews.com te stig.

Cape Winelands Airport

wysig

In 2021 het hy Fisantekraal-lughawe, wes van Durbanville, bekom en dit hernoem na "Cape Winelands Airport".[1][4] Hy het ten doel om dit in 'n lewendige lughawe en sekondêre spilpunt vir Kaapstad te omskep.[4]

Persoonlike lewe

wysig

Hy was voorheen met Kim Hersov getroud, 'n Amerikaner met wie hy twee kinders het.[1] Hy is sedert 2009 met die pediater Katie Hersov getroud.[1]

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 De Lange, Justine (5 Desember 2022). "Who is Rob Hersov? The biography of the influential businessman - Briefly.co.za". briefly.co.za. Besoek op 29 Januarie 2025.
  2. "7 companies founded by South African billionaire Rob Hersov". billionaires.africa. 11 Augustus 2023. Besoek op 29 Januarie 2025.
  3. 3,0 3,1 3,2 "Robert Hersov - Founder @ Adoreum - Crunchbase Person Profile". Crunchbase. Besoek op 29 Januarie 2025.
  4. 4,0 4,1 "Rob Hersov: South African billionaire transforming Cape Winelands Airport". billionaires.africa. 12 September 2023. Besoek op 29 Januarie 2025.