Rotstolbos
Die rotstolbos (Leucadendron strobilinum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom in die Kaapse Skiereiland vanaf Kommetjie tot Tafelberg. Die struik word 2.6 m hoog en dra blomme in September tot Oktober.
Rotstolbos | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. strobilinum
|
Binomiale naam | |
Leucadendron strobilinum (L.) Druce, 1917
| |
Sinonieme | |
|
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en word vrygelaat na 'n brand en word moontlik deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en daar is manlike- en vroulike plante. Klein torre doen die bestuiwing. Die plant groei hoofsaaklik op suidelike berghellings op hoogtes van 500-1100 m.
In Engels staan dit as die Peninsula Conebush bekend. Die boom se FSA-nommer is 78[2].
Galery
wysigSien ook
wysigVerwysings
wysigBronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rotstolbos.