Sarie Marais (1949)
Afrikaanse swart en wit rolprent
- Vir die gelyknamige liedjie, sien Sarie Marais; vir die vroeëre rolprent, sien Sarie Marais (1931).
Sarie Marais is 'n Afrikaanse swart en wit rolprent wat in 1949 uitgereik is. Die film is 'n oormaak van die oorspronklike Sarie Marais wat in 1931 vrygestel is. Die regisseur was Francis Coley. Die tydskrif, Sarie het oorspronklik ook as Sarie Marais bekend gestaan en is vir die eerste keer in dieselfde jaar uitgegee.
Sarie Marais | |
---|---|
Regisseur | Francis Coley |
Draaiboek | André de Villiers |
Met | Johann Nell Helen Faul Anna Cloete |
Uitgereik | 1949 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n drama.
Hoofrolspelers
wysig- Johann Nell as Johann
- Helen Faul as Sarie
- Anna Cloete as Aletta
- Henri van Wyk as Piet
- Wena Naudé as Tante Annie
- James Norval as Hendrik
- Twinkle Hanekom as Sarie se moeder
- Jan Brill as kommandant
- Daniel du Toit as Young Johann
- Monica Hyne as die jong Sarie
- Pieter Greeff as Chris
- B. McArthur as Ben