Siergewas
'n Siergewas is 'n gewas wat vir dekoratiewe doeleindes verbou word.

Die verbou van siergewasse is 'n belangrike vorm van landbou waarin miljarde dollars verdien word. In die VSA alleen het verkope $31,1 miljard in 2015 beloop. 46% daarvan behels tuinplante en grasse, 34% behels snyblomme, en 20% kamerplante.[1] Ander lande waar dit 'n groot rol speel is Nederland met sy tulpe en hiasinte.
In Suid-Afrika word siergewasse ook verbou. 'n Deel daarvan is plante en blomme wat nie inheems is nie, soos rose, krisante, angeliere of grasse. Angeliere uit Suid-Afrika is 'n gewilde invoerproduk in die Midde-Ooste. 'n Ander deel behels die kweek of oes van wilde fynbosblomme. Proteas word dikwels as 'n tipies Suid-Afrikaanse produk beskou. Hulle word egter vandag oor die wêreld heen verbou.[2]
Verwysings
wysig- ↑ "Floriculture". Ag MRC. Besoek op 5 Julie 2023.
- ↑ "Exports and Markets of Indigenous Flowers". southafrica.co.za. Besoek op 5 Julie 2023.