- Van 31 Januarie tot 15 Maart word die 2025-Sesnasies-toernooi tussen die nasionale spanne van Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis beslis. Gelyktydig word die Europese Rugbykampioenskap tussen die nasionale spanne van België, Duitsland, Georgië, Nederland, Portugal, Roemenië, Spanje en Switserland beslis.
- Tydens die Australiese Ope het die Amerikaanse tennisspeler Madison Keys haar eerste Grand Slam-toernooi gewen, terwyl die Italiaanse tennisspeler Jannik Sinner sy derde toernooi ingepalm het.
- Ná Liechtenstein word Thailand die tweede land wat in 2025 selfdegeslaghuwelike wettig.
- Indonesië sluit by BRICS aan.
- Denemarke, Griekeland, Pakistan, Panama en Somalië is die nuwe niepermanente lede in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad.