Talk
Talk | |
---|---|
![]() | |
Formule | Mg3Si4O10(OH)2 |
Onsuiwerhede | Ni, Fe, Al, Ca, Na, water |
Kleur | kleurloos, wit, ook groenerig, groen, bruin |
Streep | wit |
Hardheid | 1 (Mohs) |
Digtheid | 2,58 -2,83 g/cm3 |
Kristalsisteem | triklien |
Ruimtegroep | P1 |
Eenheidsel | a = 5.29 Å, b = 9.173 Å, c = 9.46 Å, α = 90.46°, β = 98.68°, γ = 90.09°[1] |
![]() | |
* Lys van minerale | |
Portaal ![]() |
Talk is mineraal wat tot die pirofilliet-talk-groep van die smektiete (klei) behoort.
Dit is 'n magnesiumsilikaat wat baie sag is. As gesteente word dit seepsteen genoem. Dit kan maklik gesny word en word dikwels aangewend vir beeldjies soos van die Zimbabwe-voël by die ruïnes van Groot-Zimbabwe.[2]
Dit kan egter ook maklik gepoeier word en talkpoeier word vir talle doele gebruik.
Struktuur
wysigTalk se kristalstruktuur is gelaagd en bestaan uit twee tetraëdriese silikaatlae wat soos 'n toebroodjie 'n laag met magnesiumione bevat. Tussen die toebroodjielae bestaan net swak vanderwaalskragte, wat dit moontlik maak dat die lae maklik oor mekaar skuif. Dit gee ook aan die materiaal sy vetterige gevoel op die vel.
Verwysings
wysig- ↑ "mindat 3875" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020.
- ↑ versindaba.