Vaaldriehoek
verstedelikte area in suid-Gauteng en noord-Vrystaat
Die Vaaldriehoek is 'n groot driehoekige industriële gebied in Suid-Afrika wat deur Vanderbijlpark, Vereeniging en Sasolburg gevorm word.
![](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/c/c6/Vaal_Triangle.png/220px-Vaal_Triangle.png)
As gevolg van die swaar nywerhede in en rondom die Vaaldriehoek is die gebied berug vir lugbesoedeling en respiratoriese siektes. Om hierdie rede word die gebied soms die "vuil-driehoek" genoem.
Nabygeleë is die Vaaldam, vanwaar die massiewe PWV-megalopool (Pretoria, Witwatersrand en die Vaaldriehoek) se water afkomstig is. Die PWV-gebied vorm die stedelike hart van die Gautengprovinsie. Witwatersrand is die naam van die Groter Johannesburg area en die goud-draende rif waar goud in 1886 ontdek is.