Vanstadensepterboom

plant spesie

Die vanstadensepterboom (Paranomus reflexus) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Paranomus behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap waar dit voorkom op die Elandsberg en Van Stadensberg.

Vanstadensepterboom
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Paranomus
Spesie:
P. reflexus
Binomiale naam
Paranomus reflexus
(E.Phillips & Hutch.) Fourc., (1932)
Sinonieme
  • Nivenia reflexa E.Phillips & Hutch.

Die struik word tot 1.5 m hoog en blom van Junie tot Augustus. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word twee maande nadat die plant geblom het ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in sandsteen grond op hoogtes van 1000 - 2000 m.

In Engels staan die struik as die Van Staden's sceptre bekend. Die boom se FSA-nommer is 72.4[1].

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Bronnelys

wysig