Vlag van die Midway-atol
Die nieamptelike vlag van die Midway-atol is op 29 Mei 2000 in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in blou, wit en turkoois met ’n albatros in die boonste baan.
![]() |
|
Verhouding | 3:5 |
---|---|
Goedgekeur | 29 Mei 2000 |
Ontwerp | ’n Horisontale driekleur in blou, wit en turkoois met ’n albatros in die boonste baan. |
Simboliek
wysigDie blou baan stel die lug voor, die wit baan stel die strande voor en die turkoois baan is die kleur van die omringende oseaan. Die voël is ’n swartwangalbatros.[1]
Ander vlae
wysigDie amptelike vlag van die eilande is die vlag van die Verenigde State.
-
Amptelike vlag van die Midway-atol
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Midway-eilande". 31 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2018. Besoek op 31 Julie 2013.
Eksterne skakels
wysig- (en) Midway-eilande by Flags of the World.