Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/1 Maart
1 Maart: Sint Dawiddag in Wallis, Mărţişor in Roemenië, Martenitsa in Bulgarye.
![Logo van die Internasionale Monetêre Fonds](http://up.wiki.x.io/wikipedia/af/thumb/7/7c/Logo_van_die_Internasionale_Monet%C3%AAre_Fonds.png/125px-Logo_van_die_Internasionale_Monet%C3%AAre_Fonds.png)
- 1562 – Die Franse geloofsoorloë begin met 'n menseslagting op die Hugenote.
- 1896 – Ethiopië wen die beslissende Slag van Adoea oor Italië wat die Eerste Italiaans-Abessiniese Oorlog tot 'n einde bring.
- 1947 – Die Internasionale Monetêre Fonds begin sy finansiële werksaamhede.
- 1919 – Japannese heerskappy in Korea: Die Samilbeweging in Korea begin landwyd met menige vreedsame protesaksies, maar word wreed deur die Japannese polisie en weermag onderdruk.
- 1994 – Walvisbaai word deur Suid-Afrika aan Namibië oorhandig.