Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/8 September
8 September: Mariageboorte (Christendom); Nasionale Dag in Andorra; Onafhanklikheidsdag in Noord-Masedonië (1991); Oorwinningsdag in Malta.

- 701 – Oorlede: pous Sergius I, die 84ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1504 – Dawid, 'n marmerbeeld deur Michelangelo, word in Florence onthul.
- 1760 – In die voorspel tot die Verdrag van Parys, handig Frankryk die Noord-Amerikaanse kolonie Nieu-Frankryk aan die Koninkryk van Groot-Brittanje oor.
- 1901 – Gebore: Hendrik Verwoerd, voormalige Eerste Minister van Suid-Afrika.
- 1978 – Honderde betogers sterf in Teheran op Swart Vrydag tydens die Iranse Rewolusie.
- 1997 – Marthinus van Schalkwyk word leier van die Nuwe Nasionale Party.