Gymnosporia bachmannii
plantspesie
(Aangestuur vanaf Wilgerpendoring)
Die wilgerpendoring (Gymnosporia bachmannii) is 'n boom wat hoort tot die genus Gymnosporia. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal en Oos-Kaap. Dit kom vanaf die Oribiravyn tot by die Mkwenirivier voor en het 'n voorkomsgebied van kleiner as 20 km². Dit groei in woude op rivieroewers. Die boom word as seldsaam beskou en word bedreig deur indringerplante. Veral die paraffienbos Chromolaena odorata is 'n bedreiging in die Mkwenirivier.
Wilgerpendoring | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Celastrales |
Familie: | Celastraceae |
Genus: | Gymnosporia |
Spesie: | G. bachmannii
|
Binomiale naam | |
Gymnosporia bachmannii Loes., (1894)
| |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 398.2.[1]