1970
jaar
1970 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1965 | 1966 | 1967 | 1968 | 1969 | ◄ 1970 ► | 1971 | 1972 | 1973 | 1974 | 1975 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1970 |
![]() | ||||||||||||||||||||||
![]() | ||||||||||||||||||||||
Charles de Gaulle | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1970 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 70ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 3 Januarie - Die Beatles voltooi vir die laaste keer 'n opname van 'n lied, "I Me Mine".
- 5 Januarie – All My Children word vir die eerste keer op die ABC televisienetwerk uitgesaai, en vier in 2005 sy 35ste draaijaar in die Verenigde State.
- 15 Januarie - Die Nigieriëse Burgeroorlog eindig.
- 22 Januarie - Die eerste geskeduleerde vlug van die Boeing 747, Pan American Vlug 001, vertrek uit New York na Londen.
- 28 Januarie – Die Henley on Klip busramp vind plaas.
- 31 Januarie - Die 1969-70 Springbok rugbytoer na Ierland en Brittanje eindig in Cardiff, Wallis.
- 1 Maart – Ysland sluit aan by die Europese Vryhandelsvereniging.
- 31 Maart – Explorer 1 val terug na die aarde.
- 11 April – Die ruimtetuig Apollo 13 word gelanseer.
- 17 April – Die Apollo 13-ruimtetuig keer veilig terug aarde toe, na 'n suurstoflekkasie aanboord.
- 22 April – Die eerste Aardedag word gevier.
- 24 April – Gambië word ’n republiek.
- 4 Mei – Die Kent State-skietvoorval vind plaas in Ohio.
- 31 Mei-21 Junie – Die negende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Meksiko gespeel, wat deur Brasilië gewen word.
- 4 Junie – Tonga word onafhanklik binne die Britse Statebond.
- 1 Julie - Die Portugese Weermag begin Operasie Gordiese Knoop (Operação Nó Górdio) in Mosambiek.
- 25 Julie - Die Springbokke verslaan die All Blacks in Pretoria met 'n eindtelling van 17-6.
- 6 September – Vier passasierstralers word tegelykertyd gekaap deur lede van die Populêre Front vir die Bevryding van Palestina (PFBP) waaronder Leila Khaled.
- 3 Oktober – Die National Oceanic and Atmospheric Administration word in Amerika gestig.
- 10 Oktober – Fidji word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 4 November – Die Concorde bereik die eerste keer 'n snelheid van Mach 2 en vlieg 53 minute lank teen hierdie spoed.
- 18 Desember – Egskeidingswetgewing kom tot stand ten spyte van teenkanting deur die Rooms-Katolieke Kerk.
- Benoit Mandelbrot speel ’n sleutelrol in die ontwikkeling van chaosteorie deur die konsep van fraktaalmeetkunde bekend te stel.
Geboortes
wysig- 2 Januarie – Fanie Viljoen, Afrikaanse skrywer en kunstenaar.
- 3 Januarie – Rocco de Villiers, Suid-Afrikaanse pianis.
- 4 Januarie – Marc Batchelor, Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspeler († 2019).
- 27 Januarie – Martin Watt, Suid-Afrikaanse komponis.
- 2 Februarie – Busisiwe Mkhwebane, voormalige Openbare Beskermer van Suid-Afrika.
- 19 Februarie – Kurt Darren, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.
- 16 Maart – Joakim Berg, Sweedse musikant.
- 18 Maart – Suzan Anbeh, Duitse aktrise.
- 21 Maart – Cenk Uygur, Turksgebore Amerikaanse media-persoonlikheid, politikus en politieke kommentator.
- 24 Maart – Lara Flynn Boyle, Amerikaanse toneelspeelster.
- 28 Maart – Vince Vaughn, Amerikaanse akteur.
- 30 Maart – Leleti Khumalo, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 4 April – Barry Pepper, Kanadese akteur.
- 6 April – Irina Bilyk, Russiese sangeres en musikant.
- 19 April – Andre Agassi, Amerikaanse tennisster.
- 21 April – Waldemar Schultz, Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en stemkunstenaar.
- 26 April – Melania Trump, Amerikaanse Eerste Dame.
- 29 April – Uma Thurman, Amerikaanse aktrise.
- 29 April – Andre Agassi, Amerikaanse tennisster.
- 10 Mei – Kang Hee-chan, voormalige Suid-Koreaanse tafeltennisspeler.
- 18 Mei – Tina Fey, skrywer, komediant, aktrise.
- 25 Mei – Kim Taek-soo, Suid-Koreaanse tafeltennisspeler en -afrigter.
- 16 Junie – Phil Mickelson, Amerikaanse beroepsgholfspeler.
- 3 Julie – Arlene Foster, Noord-Ierse politikus.
- 19 Julie – Nicola Sturgeon, Skotse politikus.
- 2 Augustus – Yu Sun-bok, Noord-Koreaanse vrouetafeltennisspeler wat aan die Olimpiese Somerspele van 1992 deelgeneem het.
- 8 Augustus – Chester Williams, Springbokrugbyspeler († 2019).
- 25 Augustus – Claudia Schiffer, Duitse model, aktrise en mode-ontwerper.
- 31 Augustus – Debbie Gibson, Amerikaanse sangeres en aktrise.
- 3 September – Einat Kalisch-Rotem, Israeliese argitek en burgemeester.
- 8 Oktober – Sadiq Khan, Britse politikus.
- 8 Oktober – Matt Damon, Amerikaanse akteur.
- 9 Oktober – Shannon Wilsey (Savannah), Amerikaanse aktrise en pornoster († 1994).
- 22 Oktober – Javier Milei, Argentynse ekonoom, skrywer en politikus en verkose president van Argentinië.
- 23 Oktober – Grant Imahara, Amerikaanse elektroniese ingenieur en televisie-aanbieder († 2020).
- 31 Oktober – Otilia Bădescu, Roemeense vrouetafeltennisspeler wat verskeie medaljes by die Wêreld Tafeltenniskampioenskap gewen het.
- 22 Desember – Ted Cruz, Amerikaanse Republikeinse senator van Texas.
Sterftes
wysig- Datum onbekend – Matthys van Rensburg, Suid-Afrikaanse politikus (* 1919).
- 28 Januarie – Johan le Roux, seunsheld gedurende die Henley on Klip-busramp.
- 2 Februarie – Bertrand Russell, Britse filosoof (* 1872).
- 19 Februarie – Dr. Hendrik Johannes van Eck, Suid-Afrikaanse ingenieur en nyweraar (* 1902).
- 25 Februarie – Mark Rothko, Amerikaanse skilder (* 1903).
- 1 Maart – Ed. Hoornik, Nederlandse digter, skrywer, dramaturg (* 1910).
- 5 April – Louisa Bolus, Suid-Afrikaanse plantkundige en herbariumhouer (* 1877).
- 5 April – Richard Bergmann, Oostenrykse en Britse tafeltennisspeler (* 1919).
- 16 April – Richard Neutra, Oostenryks-Amerikaanse modernistiese argitek (* 1892).
- 26 April – Gypsy Rose Lee, Amerikaanse aktrise (* 1911).
- 30 April – Inger Stevens, Amerikaanse aktrise (* 1934).
- 7 Junie – E.M. Forster, Engelse novelis, kortverhaalskrywer en essayis (* 1879)
- 13 Julie – Leslie Groves, lt-generaal in die Amerikaanse Leër en projekbestuurder van die Manhattan-projek (* 1896)
- 18 Junie – NP van Wyk Louw, Suid-Afrikaanse digter, akademikus en dramaturg (* 1906).
- 21 Junie – Sukarno, president van Indonesië (* 1901)
- 29 Julie – John Barbirolli, Britse dirigent en tjellis (* 1899).
- 30 Julie – George Szell, Hongaarsgebore Amerikaanse dirigent en komponis (* 1897).
- 5 Augustus – Wollie Bronkhorst, argitek van kerkgeboue, sendinghospitale, weeshuise en ouetehuise. (* 1901).
- 1 September – François Mauriac, Franse skrywer (* 1885).
- 8 September – Percy Spencer, Amerikaanse ingenieur en uitvinder van die mikrogolfoond (* 1894).
- 14 September – Rudolf Carnap, Duitse filosoof (* 1891).
- 18 September – Jimi Hendrix, popster (* 1942)
- 28 September – Gamal Abdel Nasser, Egipte se tweede president (* 1918).
- 31 Oktober – Dr. P.C. Schoonees, Afrikaanse leksikograaf (* 1891).
- 9 November – Charles de Gaulle, Franse militêre generaal en staatshoof (* 1890).
- 16 November – James Norval, Suid-Afrikaanse teater- en filmakteur (* 1908).
- 25 November – Yukio Mishima, Japannese skrywer, digter, akteur en stigter van die Tate no kai (* 1925).
- 14 Desember – Cecilia Wessels, Suid-Afrikaanse operasangeres (* 1895).