Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/April
Sjabloon:UitgesoekteHerdenkingsApril
![Die USS Idaho (BB-42) vuur op Okinawa](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/4/49/New_Mexico_class_battleship_bombarding_Okinawa.jpg/180px-New_Mexico_class_battleship_bombarding_Okinawa.jpg)
- 527 – Die Bisantynse keiser Justinus I benoem Justinianus I as medeheerser en opvolger.
- 1826 – Die binnebrandmotor word deur Samuel Morey gepatenteer.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Okinawa, die grootste amfibiese aanval in die Stille Oseaan-oorlog, begin in Okinawa, Japan.
- 1979 – Iran word as 'n Islamitiese republiek uitgeroep, 'n teokrasie gelei deur ajatolla Roeholla Chomeini as die opperleier van Iran.
- 2009 – Albanië en Kroasië sluit by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) aan.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Juan Ponce de León](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/f/f8/Juan_Ponce_de_Leon.png/125px-Juan_Ponce_de_Leon.png)
- 1513 – Juan Ponce de León word die eerste Europeër wat Florida betree.
- 1725 – Giacomo Casanova word in Venesië gebore.
- 1865 – Amerikaanse Burgeroorlog: President Jefferson Davis van die Gekonfedereerde State van Amerika en die meeste van sy kabinet vlug uit hul hoofstad Richmond.
- 1982 – Die Falklandoorlog word ontketen toe Argentinië die Britse Falkland-eilande inval.
- 2005 – Pous Johannes Paulus II sterf.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Josef Stalin in 1912](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/e/e5/Joseph_Stalin%2C_1912.jpg/125px-Joseph_Stalin%2C_1912.jpg)
- 1922 – Josef Stalin volg Wladimir Lenin op as leier van die Sowjetunie.
- 1941 – Hongaarse en Duitse troepe marsjeer Joego-Slawië binne.
- 1966 – Die Sowjet-ruimtetuig Loena 10 word die eerste ruimtetuig wat om die Maan wentel.
- 1968 – Simon and Garfunkel reik die album Bookends uit.
- 1968 – Martin Luther King jr. hou sy "mountaintop"-toespraak.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Pendeltuig Challenger](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/9/94/Shuttle-challenger.jpg/125px-Shuttle-challenger.jpg)
- 1581 – Ses maande ná sy wêreldomseiling slaan koningin Elizabeth I van Engeland die ontdekkingsreisiger Francis Drake tot ridder.
- 1949 – Die twaalf nasies België, Denemarke, Frankryk, Italië, Kanada, Luxemburg, Nederland, Noorweë, Portugal, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State van Amerika en Ysland teken die Noord-Atlantiese Verdrag en stig die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie.
- 1968 – Apollo-program: Nasa lanseer Apollo 6.
- 1983 – Die Challenger-pendeltuig se eerste ruimtetog.
- 1984 – Die kernreaktor by Koeberg wek vir die eerste keer elektrisiteit op.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Winston Churchill in 1944](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/e/e7/Churchill-in-quebec-1944-23-0201a.gif/125px-Churchill-in-quebec-1944-23-0201a.gif)
- 1621 – Die Mayflower vaar terug van Plymouth na Groot-Brittanje.
- 1904 – Die eerste internasionale Rugby League-wedstryd word tussen Engeland en 'n ander nasionaliteite span (Walliese en Skotse spelers) Central Park, Wigan, Engeland, gespeel.
- 1955 – Winston Churchill bedank as eerste minister van die Verenigde Koninkryk.
- 1973 – Pierre Messmer word eerste minister van Frankryk.
- 1976 – In die Volksrepubliek China lei die onderdrukking van die demokratiese massaprotes op Tiananmen-plein tot verskeie mense se dood.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Jan van Riebeeck](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/0/05/Jan_van_Riebeeck.jpg/125px-Jan_van_Riebeeck.jpg)
- 1320 – Die Skotte herbevestig hul onafhanklikheid deur die ondertekening van die Verklaring van Arbroath.
- 1652 – Die Nederlandse seevaarder Jan van Riebeeck sit vir die eerste keer voet aan wal in die Kaap die Goeie Hoop, waar hy 'n handelspos stig.
- 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Die Verenigde State verklaar oorlog teen die Duitse Keiserryk.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Nazi-Duitsland val Joego-Slawië en Griekeland binne.
- 1994 – Die Rwandese volksmoord begin toe die vliegtuig waarin die president van Rwanda, Juvénal Habyarimana, en die president van Burundi, Cyprien Ntaryamira, deur ekstremiste met vuurpyle afgeskiet word.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Vesuvius](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/a/af/Vesuvius_from_plane.jpg/125px-Vesuvius_from_plane.jpg)
- 1795 – Frankryk aanvaar die meter as lengte-eenheid. Napoleon Bonaparte vervang dit weer met die Mesures usuelles op 12 Februarie 1812.
- 1815 – Die vulkaan Tambora bars uit en 92 000 mense sterf.
- 1906 – Die vulkaan Vesuvius bars uit.
- 1956 – Die Spaanse deel van Marokko word onafhanklik.
- 1964 – IBM kondig die System/360 aan.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Andries Pretorius](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/e/e9/Andries_Pretorius.jpg/125px-Andries_Pretorius.jpg)
- 1646 – Die eerste koerantadvertensie verskyn in Engeland.
- 1730 – Die eerste New Yorkse sinagoge, Shearith Israel, word ingewy.
- 1848 – Andries Pretorius vaardig sy "eene Algemene Oproeping" uit waarin die Voortrekkers opgeroep word tot gewapende stryd teen die Britse magte.
- 1904 – Frankryk en Groot-Brittanje teken die Entente Cordiale.
- 1905 – Die Britse Oos-Afrika-protektoraat word die Keniaanse kolonie.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Moderne Boeing 737 van die SAS lugredery](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/2/29/SAS_Scandinavian_Airlines_B737-683_%28LN-RPA%29_at_London_Heathrow_Airport.jpg/125px-SAS_Scandinavian_Airlines_B737-683_%28LN-RPA%29_at_London_Heathrow_Airport.jpg)
- 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Slag van Verdun – Duitse magte begin hulle derde offensief van die oorlog.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Nazi-Duitsland val Denemarke en Noorweë binne.
- 1967 – Die eerste Boeing 737 (100-reeks) se eerste vlug.
- 1991 – Georgië verklaar sy onafhanklikheid van die Sowjetunie.
- 2002 – Die Koningin-Moeder van die Verenigde Koninkryk, Elizabeth Bowes-Lyon, word in die Londense Westminster-abdy begrawe.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![RMS Titanic op seeproewe 2 April 1912](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/3/3c/RMS_Titanic_sea_trials_April_2%2C_1912.jpg/125px-RMS_Titanic_sea_trials_April_2%2C_1912.jpg)
- 1865 – Amerikaanse Burgeroorlog: 'n dag na sy oorgawe aan die Uniemagte, spreek generaal Robert E. Lee van die Gekonfedereerde State sy troepe vir die laaste keer toe.
- 1912 – Die RMS Titanic verlaat die hawe van Southampton in Engeland.
- 1944 – Henry Ford II word aangewys as vise-president van die Ford Motormaatskappy.
- 1968 – Jim Fouché begin sy ampstermyn as die derde president van Suid-Afrika.
- 1972 – Viëtnamoorlog: Vir die eerste keer sedert November 1967 begin Amerikaanse B-52 bomwerpers Noord-Viëtnam bombardeer.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Joodse slaafarbeiders by Buchenwald](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/d/dc/Buchenwald_Slave_Laborers_Liberation.jpg/140px-Buchenwald_Slave_Laborers_Liberation.jpg)
- 1814 – Napoleon Bonaparte word na die eiland Elba verban.
- 1851 – Oorlede: Michail Lazaref, Russiese vlootaanvoerder, verkenner en admiraal.
- 1921 – Die eerste sportuitsending oor die radio word in Amerika uitgesaai.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Magte van die Verenigde State bevry die gevangenes by die Buchenwald-konsentrasiekamp.
- 1970 – Apollo 13 word vanaf platform 39A by die Kennedy-ruimtesentrum in Florida gelanseer.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
12 April: Kosmonautedag in Rusland (1961); Joeri-nag.
![STS-1 lansering van die Columbia ruimtependeltuig](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/8/8b/Columbia.sts-1.01.jpg/125px-Columbia.sts-1.01.jpg)
- 1204 – Die Bisantynse hoofstad Konstantinopel word deur die kruisvaarders van die vierde kruistog verower.
- 1861 – Die Amerikaanse Burgeroorlog begin by Fort Sumter.
- 1877 – Die Verenigde Koninkryk annekseer die Zuid-Afrikaansche Republiek.
- 1975 – Viëtnamoorlog: Die Amerikaanse ambasade in Phnom Penh, Kambodja, word ontruim toe Khmer Rouge-troepe die stad omsingel.
- 1981 – Die eerste lansering van die Columbia-ruimtependeltuig vir die STS-1-sending.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/b/b0/Tiger_Woods_with_a_fan_2014_cr.jpg/125px-Tiger_Woods_with_a_fan_2014_cr.jpg)
- 1598 – Koning Hendrik IV van Frankryk vaardig die Edik van Nantes uit, wat vryheid van geloof aan die Hugenote gee.
- 1849 – Hongarye word 'n republiek.
- 1861 – Amerikaanse Burgeroorlog: Fort Sumter gee oor aan die Gekonfedereerde State van Amerika.
- 1970 – Die suurstoftenk van Apollo 13 ontplof.
- 1997 – Tiger Woods word die jongste gholfspeler om die Amerikaanse Meesterstoernooi te wen.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
14 April: Dag van die Georgiese taal (1978); N'Ko-alfabet-dag in Wes-Afrika (1949).
- 1739 – Hendrik Swellengrebel, die man na wie Swellendam vernoem is, word goewerneur van die Kaap en ook die eerste een wat in die Kaap gebore is.
- 1912 – Die RMS Titanic bots teen 'n ysberg op sy eerste vaart en sink teen 02:20 die volgende dag.
- 1962 – Georges Pompidou word eerste minister van Frankryk.
- 1981 – Die Columbia-ruimtependeltuig voltooi sy eerste toetsvlug suksesvol.
- 1986 – Die Verenigde State bombardeer Libië uit weerwraak vir Libië se ondersteuning van terrorisme teen die VSA.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![HMS Warspite tydens die Slag van Narvik](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/a/af/HMS_Warspite%2C_Norway_1940.jpg/125px-HMS_Warspite%2C_Norway_1940.jpg)
- 1632 – Slag van Rain am Lech: Sweedse magte onder koning Gustav II Adolf verslaan die Heilige Romeinse Ryk tydens die Dertigjarige Oorlog.
- 1865 – Andrew Johnson word ingehuldig as die 17de president van die Verenigde State.
- 1912 – Die passasierskip RMS Titanic sink.
- 1940 – Die Geallieerdes begin hulle aanval op die Noorweegse dorp Narvik, wat deur Nazi-Duitsland beset is.
- 1983 – Tokio se Disneyland open.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Vladmir Lenin](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/2/28/Lenin_loc_ggbain.jpg/125px-Lenin_loc_ggbain.jpg)
- 1799 – Napoleon Bonaparte verdryf die Ottomaanse Turke oor die Jordaanrivier naby Acre tydens die Slag van Taborberg.
- 1917 – Wladimir Lenin keer terug uit ballingskap.
- 1943 – Dr. Albert Hofmann ontdek die psigiese effekte van LSD.
- 1946 – Die ryk goudveld in die Vrystaatse Goudveld word op die plaas Geduld ontdek.
- 1972 – Apollo-program: Apollo 16 word gelanseer na die Maan vanaf Cape Canaveral, Florida.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Ford Mustang](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/0/06/Classic_Ford_Mustang_%28Stockholm_Carsport_Fair_2004%29.jpg/125px-Classic_Ford_Mustang_%28Stockholm_Carsport_Fair_2004%29.jpg)
- 1906 – Die San Francisco-aardbewing vind plaas.
- 1946 – Sirië word onafhanklik van Frankryk.
- 1964 – Die Ford Motormaatskappy stel die Mustang bekend.
- 1970 – Die Apollo 13-ruimtetuig keer veilig terug.
- 1975 – Kambodja val in die hande van die Khmer Rouge.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Logo van die Volkebond](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/c/c1/Flag_of_the_League_of_Nations_%281939%E2%80%931941%29.svg/150px-Flag_of_the_League_of_Nations_%281939%E2%80%931941%29.svg.png)
- 1942 – Pierre Laval word eerste minister van Frankryk.
- 1946 – Die Volkebond word ontbind.
- 1972 – Die Roland Korporasie, vervaardiger van o.a. elektroniese musiekinstrumente, word in Osaka gestig.
- 1980 – Die Republiek van Zimbabwe word uitgeroep.
- 2002 – 'n Nuwe orde van insekte, Mantophasmatidae, word aangekondig.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Mae West](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/0/06/Mae_West_NYWTS_cropped2.jpg/125px-Mae_West_NYWTS_cropped2.jpg)
- 1919 – Leslie Irvin van die Verenigde State onderneem die eerste suksesvolle valskermsprong en vrye val.
- 1927 – Mae West word veroordeel tot 10 dae tronkstraf vir haar rol in die vertoning Sex.
- 1956 – Die aktrise Grace Kelly trou met Rainier III van Monaco.
- 1964 – Die Ford Mustang word aan die algemene publiek vertoon.
- 1987 – The Simpsons se eerste vertoning op televisie.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
20 April: Ridvan (Baha’i-geloof).
![Logo van Apollo 16](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/6/66/Apollo-16-LOGO.png/125px-Apollo-16-LOGO.png)
- 1657 – Jode van New Amsterdam (later New York Stad) kry geloofsvryheid.
- 1862 – Die eerste pasteurisasie-toets word gedoen deur Louis Pasteur en Claude Bernard.
- 1926 – Western Electric en Warner Bros. kondig Vitaphone aan – 'n proses om klank by film te voeg.
- 1968 – 'n Boeing 707 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens val tydens opstyging uit
Windhoek, Suidwes-Afrika (tans Namibië), met 123 sterfgevalle. - 1972 – Apollo 16, 'n bemande ruimtetuig, land op die maan.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Ayrton Senna](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/7/7d/Ayrton_Senna_Imola_1989_Cropped.jpg/140px-Ayrton_Senna_Imola_1989_Cropped.jpg)
- 43 v.C. – Marcus Antonius word tydens die Slag van Mutina verslaan deur konsul Hirtius.
- 1619 – Gebore: Jan van Riebeeck, die stigter van die eerste kolonie in Suid-Afrika.
- 1863 – Baha'u'llah stig die Baha'i-geloof in Bagdad, Ottomaanse Ryk.
- 1975 – Viëtnamoorlog: Die president van Suid-Viëtnam, Nguyen Van Thieu, vlug uit Saigon na Xuan Loc; die laaste Suid-Viëtnamese vesting val.
- 1985 – Ayrton Senna wen die Portugese Grand Prix in Estoril.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Die Krapnewel is 'n uitdyende gaswolk vanweë die 1054 supernova.](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/0/00/Crab_Nebula.jpg/125px-Crab_Nebula.jpg)
- 1054 – 'n Supernova in die Krapnewel word waargeneem.
- 1500 – Die Portugese navigator Pedro Alvares Cabral word die eerste Europeër wat Brasilië aanskou.
- 1529 – Die Verdrag van Saragossa verdeel die Westelike Halfrond tussen Spanje en Portugal en stel die verdelingslyn vas op 297,5 seemyl wes van die Molukke.
- 1819 – Die Slag van Grahamstad vind plaas.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Tweede Slag van Ypres – Duitse troepe gebruik gifgas by Ypres, België.
- 1970 – Die eerste Aardedag word gevier.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
23 April: Sint Jorisdag in Engeland; Nasionale Soewereiniteit- en Kinderdag in Turkye (1920).
![Pentium 4](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/9/9b/Pentium4_northwood.png/125px-Pentium4_northwood.png)
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Duitse bomwerpers val Exeter, Bath en York in Engeland aan.
- 1967 – Sojoes 1 word in 'n wentelbaan gelanseer met die ruimtevaarder kolonel Wladimir Komarof, wat sterf toe die ruimtetuig tydens sy terugkeer na die aarde neerstort.
- 1968 – Die Verenigde Koninkryk vervaardig sy eerste gedesimaliseerde munte, 'n 5p- en 10p-munt.
- 1990 – Namibië word die 160ste lid van die Verenigde Nasies en 50ste lid van die Britse Statebond.
- 2001 – Intel stel die Pentium 4-verwerker bekend.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
24 April: Gedenkdag aan die Armeense volksmoord (1915).
![Hubbleruimteteleskoop](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/0/08/Hubble_Space_Telescope_%2827946391011%29.jpg/125px-Hubble_Space_Telescope_%2827946391011%29.jpg)
- 1967 – Die Russiese ruimtevaarder Wladimir Komarof sterf aanboord Sojoes 1.
- 1970 – Die Volksrepubliek China lanseer hul eerste satelliet.
- 1975 – Die Rote Armee Fraktion blaas die Wes-Duitse ambassade in Stockholm op.
- 1984 – Apple Computer stel die Apple IIc draagbare rekenaar bekend.
- 1990 – Die Hubble-ruimteteleskoop word deur die Discovery-ruimtependeltuig gelanseer.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
25 April: Anzac-dag in Australië en Nieu-Seeland (1915); Bevrydingsdag in Italië (1945).
![Pioneer 10 tydens konstruksie](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/6/68/Pioneer_10_Construction.jpg/125px-Pioneer_10_Construction.jpg)
- 1719 – Robinson Crusoe word deur Daniel Defoe gepubliseer.
- 1961 – Robert Noyce verkry die eerste patent vir 'n geïntegreerde stroombaan.
- 1981 – Meer as 100 werkers word aan kernbestraling blootgestel gedurende herstelwerk aan 'n kernkragstasie in Tsuruga, Japan.
- 1983 – 'n Amerikaanse skoolmeisie, Samantha Smith, word deur die Sowjetleier Joeri Andropof genooi om die Sowjetunie te besoek nadat sy haar vrees vir 'n kernoorlog in 'n brief aan hom uitspreek.
- 1983 – Pioneer 10 reis verby Pluto se wentelbaan.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Die Ranger 4](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/0/0c/1964_71394L.jpg/125px-1964_71394L.jpg)
- 1937 – Spaanse Burgeroorlog: Die Spaanse stad Guernica word deur die Duitse Luftwaffe gebombardeer.
- 1962 – Die Ranger 4-ruimtetuig bots teen die maan.
- 1964 – Tanganjika en Zanzibar smelt saam om Tanzanië te vorm.
- 1986 – In Oekraïne ontplof een van die reaktors by die Tsjornobil-kernkragstasie en veroorsaak die wêreld se ergste kernkragongeluk. 31 mense sterf as direkte gevolg van die ongeluk en nog duisende word blootgestel aan hoë vlakke van radio-aktiewe materiaal.
- 1994 – Suid-Afrika se eerste veelrassige verkiesing vind plaas.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
27 April: Vryheidsdag in Suid-Afrika; Koningsdag in die Koninkryk van die Nederlande; Onafhanklikheidsdag in beide Sierra Leone (1961) en Togo (1960).
![Ferdinand Magellan](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Ferdinand_Magellan.jpg/125px-Ferdinand_Magellan.jpg)
- 1521 – Ferdinand Magellaan word deur inboorlinge van die Filippyne doodgemaak.
- 1565 – Cebu word gevestig en die eerste Spaanse vesting in die Filippyne.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Duitse troepe val die Griekse hoofstad Athene binne.
- 1950 – Apartheid: In Suid-Afrika word die Groepsgebiedewet goedgekeur en rasse word formeel geskei.
- 1960 – Togo verkry onafhanklikheid van Frans-geadministreerde VN-beheer.
- 1961 – Sierra Leone verkry onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Benito Mussolini](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/6/65/Mussolini-ggbain.jpg/125px-Mussolini-ggbain.jpg)
- 1920 – Azerbeidjan word by die Sowjetunie ingelyf en die Azerbeidjanse Sosialistiese Sowjetrepubliek word gestig.
- 1937 – Gebore: Saddam Hoesein, president en diktator van Irak.
- 1945 – Benito Mussolini en Clara Petacci word doodgeskiet terwyl hulle uit Italië probeer vlug.
- 1952 – Die Verenigde State se besetting van Japan word beëindig.
- 1969 – Charles de Gaulle bedank as president van Frankryk.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
![Adolf Hitler](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/f/f3/Adolf_Hitler.png/125px-Adolf_Hitler.png)
- 1429 – Honderdjarige Oorlog: Johanna van Arkel bevry Orléans van Engelse besetting.
- 1672 – Lodewyk XIV van Frankryk val die Nederlande binne.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die Duitse weermag in Italië gee oor aan die Geallieerdes.
- 1945 – Adolf Hitler trou met Eva Braun in 'n Berlynse bomskuiling en hy wys admiraal Karl Dönitz aan as sy opvolger.
- 1945 – Die konsentrasiekamp by Dachau word deur troepe van die Verenigde State bevry.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
30 April: Herenigingsdag in Viëtnam (1975).
![](http://up.wiki.x.io/wikipedia/commons/thumb/f/f2/Portrait_of_George_Washington-transparent.png/125px-Portrait_of_George_Washington-transparent.png)
- 1789 – George Washington word beëdig as die eerste verkose president van die Verenigde State.
- 1812 – Louisiana word die 18de deelstaat van die Verenigde State.
- 1945 – Adolf Hitler en Eva Braun pleeg selfmoord nadat hulle 'n dag lank getroud was.
- 1992 – CERN kondig aan dat die Wêreldwye web vry sal wees vir almal sonder enige koste.
- 2001 – Dennis Tito, die eerste ruimtetoeris, vertrek in 'n Russiese vuurpyl na die Internasionale Ruimtestasie.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis